Bridgetown, Barbados
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Barbados |
Eiland | Barbados |
Koördinate | 13°05′N 59°36′W / 13.083°N 59.600°W |
Gestig op | 5 Julie 1628 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 38,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 1 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2014) | 110 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 800/vk km |
- Metropolitaanse gebied | |
Tydsone | UTC-04:00 |
Burgemeester |
Bridgetown is die hoofstad, grootste stad en vernaamste hawe van Barbados, 'n eilandnasie in die Karibiese See. Die stad het in 2014 'n geskatte bevolking van 110 000 gehad met 'n bevolkingsdigtheid van 2 800/vk km. Die stad is op 5 Julie 1628 deur Britte onder Charles Wolverstone gestig. Die historiese middestad van Bridgetown is in 2011 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.[1]
Ekonomie
[wysig | wysig bron]Bridgetown is 'n belangrike finansiële sentrum vir Wes-Indië. Talle belangrike banke is in dié hawestad gevestig. Dit is ook die ligging van die Barbados Stock Exchange, een van die belangrikste aandelebeurse in die Karibiese gebied. Verder speel toerisme 'n belangrike rol in die ekonomie en daar word rum, suiker en melasse geproduseer.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Bridgetown is in 1628 as 'n Britse kolonie met die naam Town of Saint Michael (St. Michael-dorp) gestig. Voor dit was die gebied waarskynlik deur Arowak-indiane bewoon, maar teen die 1600's hulle was nie meer hier teenwoordig nie. Die Europeërs het wel 'n primitiewe brug wat oor die rivier gebou is gevind. Die stad is in die omgewing van hierdie brug gebou, vanwaar die plek die bynaam Bridgetown gekry het. Ná verloop van tyd het hierdie bynaam die stad se amptelike naam geword.
Van 1800 tot 1885 was Bridgetown die hoofstad van die Britse Bowindse Eilande. In 1966 het Barbados onafhanklik geword en in 2021 'n republiek.
Sport
[wysig | wysig bron]Tydens die Krieketwêreldbeker 2007, die T20I-wêreldbeker 2010 en die T20I-wêreldbeker 2024 is Bridgetown se Kensington-ovaal gebruik vir wedstryde, waaronder al drie eindstryde.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bridgetown, Barbados.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy